Tuesday, April 6, 2010

Die gras is groener aan die anderkant





Hoekom moet ek Landbou as 'n vak kies?



Landbouwetenskap sluit 'n baie wye veld in, wat dit interessant en veral leersaam maak. So word daar die verskillende bees-,skaap-,vark-,hoender-,bok-, en perderasse behandel, asook grondkunde, plantkunde, dierkunde, voeding, volhoubare landbou praktyke en ekonomie,anatomie en reproduksie, teling, en nog vele meer. Dit is egter ook belangrik in die opsig dat landbouers die nodige voedsel vir die bevolking moet produseer en daarom is kennis en vaardighede van groot belang.

2 comments:

  1. Ek het self nie Landbou op skool gehad nie maar sou graag my kind eendag Landbou as 'n vak laat neem, al is dit slegs omdat dit so 'n groot deel van ons kultuur uitmaak. Wat ek graag wil weet is of daar genoegsame praktiese opleiding ook is? In my opinie is boeke-kennis nie naastenby genoeg om 'n kind voor te berei vir wat op Universiteit of die praktyk wag nie, veral as 'n kind nie op die plaas grootword nie. Hoe lyk die opdeling tussen akademie en prakties?

    ReplyDelete
  2. Ek stem saam dat teorie nie as genoeg voorbereiding dien nie. daarom is praktiese opleiding belangrik en poog ons om soveel moontlik praktiese tye deur die jaar te benut, alhoewel daar dikwels nie genoeg tyd tot ons beskikking is nie. ons sal egter meer tyd moet spandeer aan prakties. dit is belangrik vir leerders om visueel dinge waarteneem deur byvoorbeeld skoue, plase, voerkrale ens te besoek. dit is baie leersame, interessante ervarings vir die leerders, en lewer meestal beter resultate as wanneer leerders passief agter die boeke sit.

    ReplyDelete