Tuesday, April 6, 2010

John Deere Groen




Al ooit die hempies gesien waarop staan: My bloed is groen, John Deere groen? My bloed is groen om 3 redes: Eerstens is ek is 'n landbouwetenskap onderwyseres by EHS waar die kleure trots-groen is en tweedens het ek 'n passie vir landbou, die natuur en die omgewing en sy diere wat ook deur "groen" voorgestel of uitgebeeld word. En derdens, hou ek natuurlik van John Deere trekkers!
Ek is een van die gelukkiges wat werklik belangstelling en passie in my vakgebied toon. Ek voel egter soms dat Landbouwetenskap 'n afskeep-vak op skool is, omdat dit nie so belangrik soos wiskunde en wetenskap en rekeningkunde geag word nie. Min mense besef egter dat as jy in 'n wetenskaplike rigting, of navorsing wil studeer, lanbouwetenskap 'n baie goeie vakkeuse is. Ek self het BSc. Agric Veekunde studeer en al het ek landbou tot in graad 10 gehad, dink ek dit sou my baie gehelp het as ek dit tot in graad 12 gehad het. Leerders wil baie keer weet wat kan 'n mens eendag "word" as jy landbou kies. Dit is moeilik om aan kinders te verduidelik dat hulle dan veekundiges, dierevoedingkundiges of navorsers ens. kan word, as hulle nie eers eintlik weet wat hierdie loopbane behels nie. Verder is Wiskunde, Fisiese-Wetenskap. Lewens-Wetenskap en Landbouwetenskap vir my die ideale vakkombinasies in die opsig.
Landbou is ook 'n praktiese vak wat dit lekker en interessant maak. Daar word gereeld uitstappies gereel asook besoeke aan plase, voerkrale, skoue ens.
Ek voel net Landbouwetenskap moet 'n kans gegun word en daar moet nie neergekyk word op die vak nie.

1 comment:

  1. Ek was nie eens bewus van Landbou as 'n vakkeuse of 'n studierigting op Universiteit toe ek my keuse in matriek moes maak nie. Ek dink 'n webtuiste (of blog) soos hierdie sal baie ver gaan om kinders in te lig oor die opsies - veral omdat landbou nie meer noodwendig boer beteken nie! Dis nie noodwendig dat daar neergekyk word op die vak nie, dit is dalk meer 'n kwessie van onkunde, iets wat op hierdie wyse maklik opgeklaar kan word. Hou so aan!

    ReplyDelete